Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

Vestig jou gedagtes op Jesus
Wanneer jy versoek word, doen alles wat nodig is om jou aandag op iets anders te vestig.
Die Satan kan nie jou aandag trek as jou gedagtes besig is met iets anders nie. Daarom leer die Bybel ons om ons gedagtes op Jesus te vestig (Hebreërs 3:1) en ons denke te vul met die goeie dinge wat lof verdien: dinge wat "waar, edel, reg, rein, mooi en prysenswaardig is (Filippense 4:8).
As ons ernstig is om versoeking te weerstaan, sal ons waak oor ons gedagtes en ons media-inname beheer. Salomo, die wysste man wat ooit geleef het, het gewaarsku: "Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe" (Spreuke 4:23).
Moenie toelaat dat gedagtes lukraak in jou denke ronddwaal nie. Wees selektief. Kies versigtig waaroor jy dink. Volg Paulus se voorbeeld: "Ons neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak" (2 Korintiërs 10:5).
Dit verg 'n leeftyd se oefening, maar met behulp van die Heilige Gees kan jy jou denke dissiplineer.
Aangaande hierdie leesplan

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.
More