Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

Rick Warren's Daily Devotional

DAG 23 VAN 365

Net God gee finansiële sekuriteit

Terwyl jy jou tydperk van geestelike groei ingaan, is dit belangrik om God met jou finansies te vertrou. As jy wil hê dat God jou finansieel moet seën, moet jy gefokus bly op die waarheid dat Hy die bron van jou finansies is en die Een is wat in jou behoeftes voorsien.

Wat beteken dit? Dit beteken dat my werkgewer nie my sekuriteit is nie. My spaargeld is nie my sekuriteit nie. Niemand en niks anders, behalwe God, voorsien in my behoeftes nie.

Kom ek verduidelik dit só: Wanneer ek die kraan oopdraai, dink ek nie dat die water van die kraan af kom nie. Ek weet die water kom eintlik van die opgaardam af. Dit loop net deur die kraan.

Op dieselfde manier kom die inkomste wat God vir jou wil gee dalk deur 'n werk, of op 'n ander manier. Tog is God die bron daarvan.

Dit beteken jy hoef jou nie te bekommer oor watter kraan Hy gaan gebruik om in jou behoeftes te voorsien nie. Eintlik sê Hy: "As ek hierdie kraan toedraai, kan ek maklik 'n ander een oopdraai. As jy hierdie werk verloor, kan Ek vir jou 'n ander een gee. Ek is jou bron, nie jou werk nie. Ek is jou bron, nie jou bankrekening nie."

Aangaande hierdie leesplan

Rick Warren's Daily Devotional

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.

More

Baie dankie aan Rick Warren wat hierdie oordenkings vir ons verskaf het. Vir meer inligting oor Rick Warren en Saddleback kerk, gaan asb na www.saddlebackresources.com