Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

Rick Warren's Daily Devotional

DAG 27 VAN 365

Spaar en belê vir die toekoms

As jy God se seën oor jou finansies wil beleef, moet jy leer om vir die toekoms te spaar en te belê. Die Bybel sê baie oor finansiële beleggings.

Jy kan sien dat Spreuke 21:20 eintlik God se IK-toets is! Kom ons kyk hoe slim jy is: "In die woning van 'n wyse mens is daar altyd kosbare besittings en olie; 'n dwase mens bring sy goed deur."

Sal dit jou verbaas om te hoor dat die gemiddelde mens in Japan se spaarplan 25% van hulle inkomste is? Die gemiddelde Europeër spaar 18% van hul inkomste. Suid-Afrikaners spaar net 0.2% van hul inkomste. Daarteenoor het die gemiddelde Amerikaner laas jaar 1% meer bestee as wat hulle verdien het. Baie mense gaan bitter arm wees wanneer hulle aftree, want hulle het nie betyds begin spaar nie. Hulle het nie die beginsel toegepas om iets vir hulle toekoms te belê nie.

Om jou te help om meer te spaar, kan jy jouself 'n vraag afvra. Dis eenvoudig. Wanneer jy iets wil koop, vra jouself af: "Het ek dit regtig nodig?" Gee jouself dan 'n eerlike antwoord.

Vra jouself byvoorbeeld: het ek werklik 'n nuwe motor nodig? Ek weet dit sal lekker wees, maar het ek dit werklik nodig? Het ek hierdie opgradering nodig? Ek weet dit sal lekker wees, maar het ek dit nodig?

Die finansiële grondbeginsel is dit: wanneer jy jou geld bestee, is dit weg. Wanneer jy jou geld spaar, werk jou geld vir jou. Die probleem waarmee die meeste van ons sukkel is dat ons vir ons geld werk, maar ons geld werk nie vir ons nie. As jy dit op God se manier doen, kan jy bevry word van jou skuld en geseën word.

Aangaande hierdie leesplan

Rick Warren's Daily Devotional

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.

More

Baie dankie aan Rick Warren wat hierdie oordenkings vir ons verskaf het. Vir meer inligting oor Rick Warren en Saddleback kerk, gaan asb na www.saddlebackresources.com