Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

Rick Warren's Daily Devotional

DAG 28 VAN 365

Word skuldvry

My hoop vir jou is dat jy teen die einde van jou tydperk van geestelike groei, skuldvry sal wees. Dit is moontlik, as jy gedissiplineerd is. Kom ek stel dit so: as jy nog nooit skuldvry was nie, sal jy nie die vryheid verstaan wat daarmee gepaardgaan nie.

Dit is hoekom dit belangrik is — as God jou vra om nou iets te doen, sal baie mense dit nie kan doen nie omdat hulle in finansiële skuld vasgevang is.

Die Bybel sê ons moet nie die terugbetaling van ons skuld weerhou nie, dat geen skuld uitstaande moet wees nie. Wat beteken dit? As jy slegs die minimum bedrag op jou kredietkaart betaal, is daar nog uitstaande skuld. Die Bybel sê jy moet dit nie doen nie. God gaan dit nie seën nie.

Jy moet jou terugbetaling beplan. Jy dink dalk dit gaan moeilik wees. Dit is moeilik! Dis hoekom die meeste mense op skuld leef. As dit maklik was, sou almal ryk gewees het. Die feit is dat baie mense nie oor die karakter en selfdissipline beskik om te doen wat God vir hulle sê om te doen nie. Eerstens: gee jou tiende aan God. Tweedens: belê jou volgende tiende in 'n spaarplan, en dan werk jy aan 'n plan vir terugbetaling.

Jy wonder nou seker: "Wag 'n bietjie, sê jy vir my ek moet spaar voordat ek my skuld betaal?" Dis presies wat ek vir jou sê om te doen, want as jy gaan wag tot al jou skuld afbetaal is voor jy begin spaar of jou tiende gee, gaan dit nooit gebeur nie.

Jy dink dalk jy kan dit nie bekostig nie, maar die waarheid is dat jy nie kan bekostig om dit NIE op God se manier te doen nie.

Aangaande hierdie leesplan

Rick Warren's Daily Devotional

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.

More

Baie dankie aan Rick Warren wat hierdie oordenkings vir ons verskaf het. Vir meer inligting oor Rick Warren en Saddleback kerk, gaan asb na www.saddlebackresources.com