Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

Rick Warren's Daily Devotional

DAG 26 VAN 365

Gee terug aan God

Die rede hoekom ons 'n tiende gee, is om te leer om God altyd eerste in ons lewens te plaas. God het nie ons geld nodig nie. Hy wil hê wat dit verteenwoordig: ons dankbaarheid, prioriteit en geloof.

Kom ons kyk na die volgende Bybelvers in Spreuke 3. Sien jy waar dit sê: "Vereer die Here met die oorblyfsels van jou inkomste"? Natuurlik kan jy duidelik sien, dit staan NIE so geskryf NIE.

Dit sê: "Vereer die Here met offerandes uit al wat jy besit en met die beste uit jou oes." Ons moet eerste vir God gee, voor enigiemand anders, uit die beste van ons inkomste.

Dan volg die belofte: "... dan sal jou skure oorvol wees en jou parskuipe oorloop van die wyn." Ons word geroep om in dankbaarheid aan God terug te gee. Dit dien as 'n bewys dat ons God prioritiseer en dat ons in sy beloftes glo.

In Maleagi 3:10 sê God: "Bring die volle tiende na die voorraadkamer toe". Dit beteken die plek waar jy aanbid. Dan sê God: "... toets My hierin," Eintlik sê Hy: "Toets my en kyk hoe ek jou gehoorsaamheid sal seën". God sê Hy sal vir jou alles gee wat jy nodig het. Hy sê nie Hy sal alles vir jou gee wat jy in gierigheid wil hê nie, maar alles wat jy nodig het.

Aangaande hierdie leesplan

Rick Warren's Daily Devotional

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.

More

Baie dankie aan Rick Warren wat hierdie oordenkings vir ons verskaf het. Vir meer inligting oor Rick Warren en Saddleback kerk, gaan asb na www.saddlebackresources.com