Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

Jou werk as 'n daad van aanbidding
Namate jy jou tydperk van geestelike groei ingaan, is dit belangrik om te verstaan dat jou werk 'n daad van aanbidding vir God kan wees. Inderdaad, as ek God se seën oor my finansies wil hê, moet ek my werk 'n daad van aanbidding maak.
Wat ek probeer sê is dat dit nie saak maak wat jy doen nie — straatveër, bestuurder van 'n groot korporasie of 'n huisvrou — jou werk is meer as net 'n werk. Die Bybel sê, dat wat jy ook al doen, jy dit van harte moet doen soos vir die Here (Kolossense 3:23).
Dit beteken dat jy alles met entoesiasme moet doen. As jou hart nie daarin is nie, dan is jy in die verkeerde werk. As jy nie van harte werk nie, is dit sonde. Dis nie ek wat dit sê nie, die Bybel sê so.
Hoekom moet jy van harte werk? Die rede is omdat jy moet werk "soos vir die Here en nie vir mense nie". Dit maak nie saak wat ek doen nie, of dit is om aandete voor te berei, fakture te onderteken, 'n ontleding te doen, 'n transaksie te sluit, iets te verkoop of iets af te lewer nie — wat dit ook al is, ek doen dit van harte soos vir die Here, en só word dit aanbidding.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.
More