Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

Rick Warren's Daily Devotional

DAG 25 VAN 365

Behaag God met finansiële rekordhouding

Wanneer jy daaraan dink om Jesus se volgeling te word, dink jy nie noodwendig aan finansiële rekordhouding nie, maar God wil hê jy moet weet hoeveel jy bestee, wat jy skuld en wat jy verdien.

Die Bybel sê ons moet sorgvuldig na ons finansies omsien. "Sorg dat jy weet wat jou kleinvee nodig het, gee aandag aan jou veetroppe." Ons mag dalk vandag eerder sê: "Hou 'n ogie oor jou bankrekening." Met ander woorde, ons moet weet waarheen ons geld gaan. Mense sê geld wat stom is, maak reg wat krom is, maar eintlik vloei dit net stilletjies weg en jy wonder waarheen dit gegaan het.

Dis 'n ramp as jy nie weet waarheen jou geld verdwyn nie. Jy beland in die skuld omdat jy nie rekord hou van jou finansies nie. Jy bestee geld wat jy nie het nie op dinge wat jy nie nodig het nie om mense van wie jy nie hou nie, te beïndruk.

Dit veroorsaak allerhande probleme in jou lewe. Dis 'n gevaarteken wanneer jy begin wonder waarheen jou geld verdwyn het. Eintlik is jy alreeds in die moeilikheid as jy nie weet waarheen jou geld gaan nie, want onkunde en maklike krediet beteken moeilikheid.

Jy moet weet wat jy besit, skuld en verdien. As jy die volgende tien jaar geestelik wil groei, moet jy rekord hou van jou finansies, want rykdom kan vinnig vergaan.

Dink hieroor na: as jy net soveel tyd daaraan wy om jou finansies neer te skryf as wat jy gebruik om jou daaroor te bekommer, sal jy sekerlik baie minder hê om oor bekommerd te wees. As jy God se seën oor jou finansies wil hê moet jy rekord hou van jou finansies.

Aangaande hierdie leesplan

Rick Warren's Daily Devotional

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.

More

Baie dankie aan Rick Warren wat hierdie oordenkings vir ons verskaf het. Vir meer inligting oor Rick Warren en Saddleback kerk, gaan asb na www.saddlebackresources.com