Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

God seën jou wanneer jy jou tiende gee
Tradisioneel word die eerste tien persent van jou inkomste aan God teruggegee om Hom te eer. Dus, vir elke R10 wat jy verdien, gee jy R1 aan God terug.
Het God jou geld nodig? Natuurlik nie. Alles behoort in elk geval aan Hom. Hy wil hê wat dit verteenwoordig — jou hart.
Kom ons kyk van naderby na vandag se vers: "Bring die volle tiende na die voorraadkamer toe sodat daar iets te ete in my huis kan wees." Wat is 'n voorraadkamer? Dit is waar jy aanbid. Die daad om jou tiende te gee, is 'n daad van aanbidding in die huis waar jy aanbid.
Weet jy, in die Bybel is dit die enigste plek wat sê jy kan bewys daar is 'n God? God sê: "Probeer om jou tiende te gee en kyk of ek bestaan. Ons speel 'n speletjie. Jy gee vir my en ek gee vir jou, dan kyk ons wie wen."
Ek speel nou al vir 35 jaar lank hierdie speletjie met God en elke keer verloor ek. Met my en Kay se troue het ons besluit dat ons 'n tiende gaan gee van alles wat ons verdien. Ons het besluit, al het ons skuld, sal God eerste betaal word, voor enigiemand anders. Soms was dit vreesaanjaend. Soms het ek nie werk gehad nie en ons het nie geweet waar ons geld vandaan sou kom nie, maar God het voorsien.
Vertrou op God en kyk hoe hy "reën sal uitgiet, meer as wat julle kan gebruik".
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.
More