Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

Deel die goeie nuus
God sê, elke keer wanneer jy die goeie nuus deel, is daar seën vir jou op pad. Elke keer wanneer jy iemand uitnooi kerk toe, is daar seën vir jou op pad. Elke keer wanneer jy 'n woord van bemoediging en God se liefde deel, is daar seën vir jou op pad.
"Die een wat plant en die een wat natgooi, staan op gelyke voet: God sal elkeen beloon volgens sy werk" (1 Korintiërs 3:8).
Wat beteken dit? Wanneer God iets wil doen, het ons elkeen 'n verskillende rol om te speel. Nie almal is 'n leraar nie. Nie almal is 'n sanger nie. Nie almal is 'n Sondagskoolonderwyser nie. Almal kan nie alles doen wat nodig is om in 'n kerk gedoen te word nie. Ons almal het verskillende rolle om in die liggaam van Christus te speel.
Soek maniere waardeur jy in hierdie week God se goeie nuus met ander kan deel. Wees kreatief! Die doel is om in liefde uit te reik na mense wat nog nie die Here ken nie.
Dit kan so eenvoudig wees soos om 'n vriend saam te nooi kerk toe. Wat dit ook mag wees, ek belowe jou, God sal jou daarvoor seën!
Aangaande hierdie leesplan

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.
More