Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

GEBED IS NODIG
Jesus se dissipels het krag ontvang om wonderwerke te doen, maar hulle het erken dat gebed die bron van ware krag was. Hulle het geweet dat Jesus en Johannes die Doper manne van gebed was. Selfs hulle moes bid om suksesvol te wees in die groot werk wat die Vader vir hulle gehad het.
Jesus het hulle die Ons Vader-gebed geleer. Hy het hulle laat verstaan dat gebed nie 'n aksie is om 'n mens se wil te laat geskied nie, maar eerder God se wil, sodat die mag en krag van sy koninkryk in die wêreld se probleme openbaar kan word. Hy het belowe dat God gebede wat in daardie gees en met daardie doel gebid word, sou beantwoord.
Phillips Brooks het gesê dat gebed nie bedoel is om God se onwilligheid te oorkom nie, maar om op sy gewilligheid te reken. Gebed is nie 'n poging om God van gedagte te laat verander nie, maar om onsself op die plek te bring waar Hy ons met die antwoord kan vertrou.
Bid dat God se wil in julle gesin geskied, dan sal God julle gebede beantwoord.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.
More
We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com