Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional
HONGERSNOOD

In die bekende verhaal van die verlore seun lees ons dat hy eers tot inkeer gekom en na sy gesin teruggekeer het nadat hy 'n paar slegte ondervindinge gehad het. Sy geld het opgeraak, sy sogenaamde vriende het hom verlaat en hy het 'n hongersnood beleef. Hy het homself in 'n varkhok bevind en gewens hy kon van die peule eet wat vir die varke bedoel was. Ons stem heelhartig saam dat dit alles nodig was voordat die seun na sy pa kon terugkeer.

As dit egter ons kinders raak, is dit 'n ander storie. Hoe dikwels vra ons nie vir God dat Hy ons kinders meer geloof moet gee nie, maar op 'n gerieflike manier? Ons wil hê dat 'n aantreklike, persoonlike vriend hulle na 'n Bybelstudie toe moet nooi. In werklikheid het hulle 'n "hongersnood" nodig om vir hulle te wys dat God hulle beste, ware vriend is. As ons God regtig vertrou moet ons bereid wees dat Hy sy plan op so 'n manier in werking sal stel dat sy doel bereik word, selfs al verg dit 'n "hongersnood".

Soms verg dit moeilike situasies om ons afgedwaalde kinders na God te laat terugkeer.

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com