Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

DIE VOORBEELD VAN HOE OM GELD TE BESTEE
Die Masedoniërs het vir Paulus geld gegee vir die gelowiges in Jerusalem. In vandag se Skrifgedeelte erken Paulus dat dit belangrik is om die geld verantwoordelik te bestee. Hy het geweet dat mense hom dophou en hy wou seker maak dat sy optrede bo verdenking is.
Hoe dink jy is dit op ouerskap van toepassing? Jy gee vir jou kinders 'n praktiese voorbeeld van geloof as jy die Bybel bestudeer en bid. Hulle kyk egter ook na hoe jy jou geld bestee en leer deur jou voorbeeld. Die dinge waarop jy jou geld bestee is 'n aanduiding van die waarde wat jy daaraan heg en dit op sigself is 'n kragtige getuienis. "Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees"(Matteus 6:21). Bid en dink daaroor watter boodskap jy aan jou kinders oordra aangaande jou leefstyl en die manier hoe en dinge waarop jy jou geld bestee.
Die manier waarop jy die rykdom bestee wat God aan jou gegee het, is 'n aanduiding van jou mate van geloof.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.
More
We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com