Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

SKYNHEILIGHEID
Hoe dikwels laat vrees jou iets doen wat jy nie moet doen nie? Vrees kan aangedryf word deur 'n behoefte om ander mense se goedkeuring te kry, 'n behoefte aan beheer, jaloesie oor ander se leefstyl of 'n bekommernis dat jy alleen sal agterbly as jou portuurgroep vorentoe beweeg. Hierdie vrese word opgesom in die frase "die vrees vir mense".
Die Bybel sê dat die vrees vir mense 'n strik vir ons stel, want dit is 'n plaasvervanger vir die vrees van God. As ons besorg is oor ons status by mense, streef ons na wêreldse dinge eerder as Goddelike dinge. Ons kan nie daardie strewe vir God wegsteek nie. Hy ken ons harte en die vrees wat ons motiveer. Ons mag probeer om ons pogings te regverdig om sodoende goedkeuring, beheer of 'n beter leefstyl te bekom wat ons vir die werk van God kan gebruik, maar Hy weet wat die eintlike vrees is wat ons motiveer.
Die oplossing vir skynheiligheid is om net God te vrees.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.
More
We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com