Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 74 VAN 280

BEKOMMERNIS

Bekommer jy jou? Die meeste van ons bekommer ons, en tog sê Jesus baie duidelik dat ons niks het om ons oor te bekommer nie. Hy sê in der waarheid dat dit teenproduktief is! Ons hoef nie bekommerd te wees nie, want ons weet hoe ons verhaal gaan eindig. As ons hoop verseker is (Hebreërs 11:1), behoort ons nie bekommerd te wees oor die smarte van vandag en môre nie. "Bekommernis neem nie die smart van môre weg nie, dit dreineer vandag se krag" het Corrie Ten Boom gesê.

Hoe kan ons onsself teen bekommernis beskerm? Die antwoord is, met geloof. Wanneer ons op God fokus, kyk ons na die lewe met 'n ewige perspektief. Ons kan dan God se doelwitte eerste stel. Ons moet altyd vra: "Waarop fokus my hart?" As my hart op wêreldse dinge fokus, sal ek altyd bekommerd wees, want die wêreld se skatte is nie 'n gegewe nie. As my hart op God fokus, sal ek rus vind in sy krag en sterkte.

Groot geloof kan bekommernis verdryf.

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com