Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

DIE GROOTSTE GESKENK
Christus het die 70 dissipels uitgestuur in Judea en hulle het groot wonderwerke in sy Naam gedoen, en baie mense het tot bekering gekom. Hulle het juigend teruggekom oor wat God gedoen het. Stel jou voor hoe hulle saam met Jesus kuier en hoe bly Hy was oor alles wat gebeur het. Daar was egter 'n gevaar van geestelike trots.
Jesus wou hulle oorwinnings vier, maar het ook besef hoe belangrik dit was om te beklemtoon dat hulle redding van groter belang was en gevier moes word. Hy het hulle daaraan herinner dat wat vir hulle gedoen was, groter was as die werk wat hulle gedoen het.
Dit het by my opgekom dat Jesus nie probeer het om hulle prestasies te probeer afmaak nie; Hy het saam met hulle feesgevier oor die beloning wat groter was as was hulle moeite verdien het. Die grootste beloning was iets wat hulle nie kon verdien nie.
Ons kan maklik vasgevang word in die werksetiek van ons samelewing en daar is niks verkeerd met harde werk nie. Ons moet onsself en ons kinders egter daaraan herinner dat die grootste geskenk verniet is.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.
More
We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com