Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

VERWAG CHRISTUS SE WEDERKOMS
Aangesien Joodse troues in die aand plaasgevind het, het die bruidegom se diensknegte angstig vir hom gewag om huis toe te kom. Hulle wou reg wees sodat die pasgetroude paartjie nie by die deur hoef te wag nie. Jesus het 'n gelykenis vertel om te verduidelik dat gelowiges entoesiasties moet wees oor die wederkoms van Christus en hulleself daarop moet voorberei.
Dit is maklik om op die teenwoordige te fokus as jy kinders grootmaak, en te vergeet om ook op die dinge van die hemel te fokus. Die kwessies van die oomblik — hoe om jou kind van die doeke af te kry, om jou kind met sy huiswerk te help, om jou kind te help kies wat hy na skool gaan doen, en nog meer, dra daartoe by dat ons uit die oog verloor wat ons werklike doel op aarde is. In plaas daarvan dat ons voorbereid is op die Here se wederkoms, kies ons om onsself te dien.
Wanneer ons oë op die hiernamaals gerig is, is dit moeiliker vir die wêreldse dinge om 'n houvas op ons te kry. Stel vir jou kinders die voorbeeld van die vryheid wat hul kan geniet as hulle hul ervarings deur die bril van 'n ewige perspektief bekyk.
Wees 'n voorbeeld van iemand wat die Here dien en gretig wag vir sy wederkoms.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.
More
We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com