Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

VERBREED JOU PERSPEKTIEF
Jesus het die bergrede aan die noordelike kus van die See van Galilea, naby Kapernaum, gelewer. Hierdie gebied was 'n hoofroete vir mense wat noordwaarts na Mesopotamië of suidwaarts na Egipte wou reis. Jesus het dus vir mense van verskillende nasies gepreek. Hy het nie sy interaksie met mense beperk tot die "regte" soort nie.
Soms is dit moeilik vir ons om buite ons "gemaksone" te beweeg. Ons is geneig om aanklank te vind by persone wat soos ons dink, lyk en optree en loop die geleentheid mis om met 'n wyer sirkel te kommunikeer. Dalk dink ons selfs party mense is "benede" ons en is ons geïrriteerd as hulle ons tyd, energie of aandag vereis. Die mens is geneig om homself bo ander te verhef sodat hy beter kan voel oor homself. Ons kan hierdie reg en onsekerheid aan ons kinders oordra.
Kyk uit vir die mense wat God op 'n onverwagte manier op jou pad bring en verwelkom hulle in jou lewe. Jou lewe moet 'n getuienis wees dat jy die waarde van alle mense raaksien.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.
More
We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com