Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 218 VAN 280

BOU JOU GELOOF

Dit is aangeteken dat Christus meer wonderwerke in Kapernaum verrig het as in enige ander dorp. Hier het hy Petrus se skoonma, die Romeinse hoofman oor honderd se slaaf en die verlamde man wie se vriende hom deur die dak laat sak het, gesond gemaak. Dit is maar net 'n paar van die wonderwerke. Ten spyte van hierdie wonderwerke het die mense van Kapernaum besluit om nie die evangelie te glo nie.

Ons wil ook graag wonderwerke in ons lewens ervaar, maar dit is baie skaars. Die mense van Kapernaum is 'n bewys dat selfs wonderwerke nie 'n waarborg is dat 'n persoon se geloof sal groei nie. Die enigste beproefde metode om jou geloof te laat groei, is om die Woord van God te bestudeer en daaroor na te dink.

Dit verg egter self-dissipline om gereeld tyd in die Woord van God deur te bring! Ons Christelike lewe is 'n marathon en nie 'n naelloop nie. Daar is geen kortpaaie nie. Ouerskap vereis Bybelse wysheid en voortdurende geloof. Dit kom makliker as ons die Woord van God daagliks inneem.

Gebruik die Woord van God om jouself voor te berei vir die res van jou lewe.
Dag 217Dag 219

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com