Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 220 VAN 280

GOEDKOOP PLAASVERVANGERS

Na Salomo se dood is die koninkryk van Israel verdeel. Jerobeam het koning geword van die noordelike koninkryk en Rehobeam van die suidelike koninkryk. Destyds is daar van die Joodse manne verwag om drie keer 'n jaar na die tempel in Jerusalem te gaan. Jerobeam was egter bang dat die gereelde reise na die suidelike koninkryk sy gesag sou ondermyn. Hy het besluit om sy eie aanbiddingsplekke by Dan en Bet-El op te rig en het by elkeen 'n goue kalf laat opstel. Omdat dit geriefliker was, was die mense bereid om ware aanbidding te verruil vir Jerobeam se plaasvervangende godsdiens.

Moenie God se beste met iets goedkoop vervang nie. Soms jaag ons die dinge van die wêreld vir onsself en ons kinders na en dink dat dit ons meer sal bevredig as God. 'n Persoonlike verhouding met God verg tyd, toewyding en interaksie met die Woord. Wanneer jy in die versoeking kom om die proses te omseil, onthou net dat God nie akkerbome oornag laat grootword nie.

Jy kan net lewe in Jesus Christus vind en nie in plaasvervangers nie!

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com