Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

'N AKTIEWE GELOOF
Toe die koning van Jerigo hoor dat daar spioene in sy land is, het hy 'n boodskap na Ragab toe gestuur om die Israeliete wat in haar huis was te laat uitkom. Ragab het hulle op die dak weggesteek, maar het vir die koning se soldate gesê dat hulle alreeds vertrek het. Die koning se soldate is toe weg om hulle te agtervolg. Ragab het vir die spioene gesê dat sy weet dat hulle God die God van hemel en aarde is en het hulle gevra om haar en haar familie te spaar as hulle sou terugkom om die stad in te neem. Hulle het ingestem en sy het hulle deur haar venster laat afsak om na die heuwels daar naby te ontsnap.
Ragab se eerste stap van geloof was dat sy in God geglo het. Sy het egter nie daar gestop nie. Sy het opgetree volgens haar kennis en as gevolg daarvan is haar geloof honderde jare later in Hebreërs 11 aangeteken.
Leer jou kinders dat dit nie is wat jy weet nie, maar wat jy doen met wat jy weet wat belangrik is.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.
More
We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com