Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 219 VAN 280

KOMPROMIEË

Die Israeliete het hekke en mure rondom hulle stede aangebring om hulle te beskerm. Die Assiriërs het die mure met lang pale, wat 'n skerp punt aan die eenkant gehad het, aangeval. Hulle het die pale soos tandestokkies gebruik om die klein klippies in die muur weg te kap. Dit was nie 'n indrukwekkende wapen nie, maar met tyd was dit só effektief, dat die hele muur inmekaar geval het. Ironies genoeg was dit ook hoe die groot Assiriese stad Nineve geval het. Die stene is een vir een uitgehaal totdat die muur inmekaar getuimel het!

Net so mag die klein kompromieë wat ons in die lewe aangaan nie lyk of dit nadelig vir ons is nie, maar elkeen verwyder 'n stukkie van ons integriteit. Ons maak dalk verskoning as ons kinders laat kom vir skool, of ons vervang items wat hulle verloor, in plaas daarvan dat ons hulle verantwoordelik hou. Dalk laat jy jou jong seun toe om 'n bier by die huis te drink sodat hy nie sal bestuur as hy dronk is nie. Na gelang van tyd ontdek ons dat ons weggedwaal het van die waarheid van die evangelie en die Goddelike voorbeeld wat God van ons verwag.

Moenie toelaat dat kompromieë jou integriteit ondermyn nie.

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com