Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 222 VAN 280

VEG IN DIE GEES

Toe Saul kwaad was vir Dawid, was Dawid gedwing om vir sy lewe te vlug. Op een stadium het hy en sy manskappe in 'n grot weggekruip by die En-Gedi oase in die woestyn. Terwyl Saul op soek was na Dawid, het hy onwetend in die grot ingegaan waar Dawid en sy manskappe weggekruip het. Dawid kon Saul maklik in 'n hinderlaag lei en doodmaak, maar hy het geweier, want hy het geweet dat Saul God se gesalfde koning was. Hy het die oordeel aan God oorgelaat.

Wanneer iemand ons of ons kinders kwaad aandoen, kom ons in die versoeking om wraak te neem. Ons skinder oor hulle, ons draai 'n koue skouer of ons vermy hulle. Ons het egter 'n keuse om in die vlees of in die gees te lewe. Dawid het geweier om in die vlees te veg en het Saul se oordeel aan die Gees van God oorgelaat.

Lewe in die Gees en laat God toe om die regter te wees.

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com