Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 216 VAN 280

'N GEESTELIKE ERFLATING

Vandag se teksvers verwys na Herodus Agrippa die eerste, wat die kleinseun van Herodus die Grote was. Dit is interessant dat Josefus, 'n Joodse geskiedskrywer, ook die inligting aangeteken het. Josefus beskryf die adellike mantel wat Herodus gedra het as 'n "geweefde kledingstuk van silwer, wat in die son se strale geblink het". Dis geen wonder dat die mense beïndruk was nie! Op die ou end kon Herodus se verwaandheid hom nie van 'n vernederende dood red nie.

Dit is dalk 'n nuwe toestel of modieuse klere wat jy aanskaf om die mense om jou te beïndruk, maar die feit van die saak is dat materiële besittings nie jou waarde kan bepaal nie. Hierdie dinge kan jou net vir 'n kort rukkie bevredig en is dus nie blywend nie. God wil eerder hê dat ons ons eie eer vir Syne moet verruil en Hom vertrou.

Kies eerder om 'n geestelike as materiële erflating na te jaag.

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com