Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 178 VAN 280

DIE SKAAMTE WORD BEDEK

Die tuin van Eden was perfek, totdat Adam en Eva sonde en skaamte in die wêreld gebring het. God het hulle skaamte bedek, maar daar moes 'n prys betaal word. 'n Onskuldige dier moes doodgemaak word vir velle om klere van te maak.

Dit is 'n voorafskadu van Christus se werk aan die kruis! Jesus, die lam van God, het sy onskuldige bloed vergiet vir ons sonde, sodat God ons skaamte ook kon bedek. Alhoewel die Bybel dit nie so spesifiseer nie, sal dit beslis nie 'n verrassing wees as die dier wat in die tuin van Eden geslag is, 'n lam was nie!

God het gereageer soos 'n liefdevolle, perfekte ouer. Hy het die skaamte bedek wat Adam en Eva laat wegkruip het. Daarna het hy die straf vir rebellie uitgedeel, sodat Adam en Eva (en hulle nageslag) 'n duur les oor sy voorsiening en geregtigheid sou leer.

As God nie eers hulle skaamte bedek het nie, sou Adam en Eva nie die les aanvaar het nie. God se daad bewys dat Hy nooit sy kinders in die steek sal laat of alleen los nie. Adam en Eva kon die les aanvaar omdat hulle die Leermeester liefgehad en vertrou het.

Om skaamte te bedek, maak onderrig moontlik.

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com