Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 179 VAN 280

IDENTITEIT

Het jy al ooit gewonder hoekom sommige kritiek jou meer seermaak as ander? Mense reageer dikwels heftig as hulle "identiteit" bedreig word. Almal definieer hulself op een of ander manier: 'n goeie ma, 'n goeie kok, 'n suksesvolle sakeman. Rusies en struwelinge ontstaan gewoonlik as ons dink dat iemand ons uitdaag oor dit wat ons oor onsself glo.

Dit is nie veel anders wat ons kinders betref nie. Hulle definieer hulself net anders: die intelligente student, die beeldskone meisie, die talentvolle atleet. Tog voel hulle ook seergemaak as hulle identiteit bedreig word. Hulle reageer deur hulle waarde en vermoëns te bevraagteken.

Wanneer ons Christene word, verander ons identiteit, want ons word dan kinders van God. Ons waarde word dan nie meer deur atletiese vermoë, intelligensie, skoonheid of die opinies van ander bepaal nie. Ons waarde is dan in Christus. Wanneer ons verstaan wat Hy aan die kruis gedoen het en sy liefde aanvaar, kan ons enige aanslae op ons identiteit oorleef.

Ons ware identiteit is as 'n geliefde, aanvaarde kind van die lewende God!
Dag 178Dag 180

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com