Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 177 VAN 280

GOD SE VOORBEELD VAN EMPATIE

Adam en Eva het nie die nagevolge verwag wat gebeur het toe hulle van die boom se vrugte geëet het nie. Hulle het wel soos God geword en kon tussen goed en kwaad onderskei, maar hulle het gou uitgevind dat dit hulle eie sonde was wat aan die lig gekom het. Wat was die gevolg? Vir die eerste keer het skande in die wêreld gekom.

Vandag se teksvers in die Bybel het verstommende gevolge! Ondanks Adam en Eva se blatante ongehoorsaamheid, en die feit dat dit ongelooflike, beduidende nagevolge sou oplewer, het God met perfekte empatie gereageer. Nadat hulle die mees beduidende sonde van alle tye gepleeg het, het God hulle gevoelens in ag geneem en vir hulle klere gemaak om hulle skande te bedek!

Wat 'n ongelooflike, liefdevolle Vader het ons nie! As ouers, moet ons probeer om dieselfde empatie teenoor ons kinders te betoon, selfs as hulle ongehoorsaam is. Hoe doen ons dit? Ons moet hulle uitlok om hulle gedagtes, gevoelens, motiewe en onsekerhede met ons te deel. Dan moet hulle die straf vat wat ons uitdeel, maar ons moet saam met hulle hartseer wees oor die moeilike, maar nodige lesse van hulle lewens.

Soos wat jy God se ongelooflike liefde ervaar, laat toe dat 'n dankbare hart jou ouerskap motiveer en rig.

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com