Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

OM JOU KINDERS TE LAAT GAAN
Kinders is 'n geskenk van God, maar ons moet onthou dat hulle een of ander tyd ons huis sal verlaat. Ons doel as ouers is nie om aan daardie geskenke vas te klou nie, maar om hulle voor te berei sodat hulle vrygelaat kan word soos die pyle van 'n boogskutter.
Wat 'n uitdaging is dit nie! Vandag se teksverse behoort ons aan te moedig terwyl ons kinders elke dag meer en meer onafhanklik raak. Net soos pyle kan ons hulle in die regte rigting stuur, maar op 'n stadium moet ons skiet gee.
Hoe berei ons hulle voor om op hulle eie bene te staan? Ons moet elke dag, bietjie-vir-bietjie, skietgee. Ons moet eerder boodskappe van bemoediging en selfvertroue gee, as om skepties en bekommerd te wees. Selfs die jongste kinders moet keuses en verantwoordelikhede gegee word wat by hul ouderdom pas. Hier is 'n voorbeeld: "Noudat jy vyf jaar oud is, is jy oud genoeg om my te help om aandete te maak. Wil jy eerder die tafel dek of die koekmengsel klits?"
Gee jou kinders elke dag 'n klein bietjie meer vryheid en onthou dat dit jou doel is om hulle eendag heeltemal te laat gaan.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.
More
We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com