Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 181 VAN 280

BOU 'N TUISTE

Ons woorde het die vermoë om te bou of af te breek. Dink na oor hoe jy met jou kinders kommunikeer. Sê jy meer dikwels "nee" as "ja"? As dit ons gewoonte is om "nee" te sê, breek ons ons kinders se selfvertroue af en laat hulle voel dat hulle nie in staat is om dinge op hul eie te doen nie. So dikwels dink ons dat ons ons kinders beskerm deur "nee" te sê, maar dit gaan eerder oor ons behoefte om in beheer te wees.

"Nee" is die maklike antwoord. Probeer om so dikwels as moontlik "ja" te sê, maar doen dit met integriteit. "Ja" stuur 'n boodskap van vertroue en aanmoediging waarna ons kinders desperaat soek. Dit is waar dat dit meer tyd en energie van jou gaan verg as jy "ja" sê, maar hou in gedagte dat jy dit in geloof doen, want jy moet dan die Here vertrou. Jy sal verras wees om uit te vind dat hoe meer kere jy "ja" sê, hoe meer gewillig sal jou kinders wees om jou "nee" te aanvaar.

Versterk jou gesin met selfvertroue en aanmoediging.
Dag 180Dag 182

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com