Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 183 VAN 280

VERTROU GOD MET JOU KINDERS

Farao het beveel dat al die Hebreeuse babaseuntjies in die Nylrivier gegooi moes word. Moses is in dié tyd gebore en na drie maande het sy ma besef dat sy hom nie meer kon wegsteek nie. Probeer jouself indink hoe angstig sy was toe sy hom in die mandjie tussen die riete op die Nylrivier geplaas het. Sy het nie geweet wat die toekoms behels nie, maar sy het haar seun in geloof in God se hande geplaas.

Sommige oomblikke maak ons bewus daarvan dat ons ook ons kinders in God se hande moet plaas. Die eerste dag wanneer ons hulle by die kleuterskool aflaai en totsiens sê. Wanneer ons die karsleutel vir hulle gee om vir die eerste keer alleen te ry. Om hulle voor die kansel te sien staan op hul troudag. Wanneer jy jou kinders laat gaan, hou in gedagte dat God 'n plan vir hulle het! Die pad is dalk nie altyd so maklik nie, maar vertrou op sy wysheid en ewige doel.

Vertrou God met jou kinders. Hulle is tog na regte sy kinders.
Dag 182Dag 184

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com