Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 167 VAN 280

MA'S EN PA'S

Vandag se teksverse beskryf die kwaliteite wat nodig is om afgeronde kinders in 'n geestelike gesin groot te maak. Sommige kwaliteite word met ma's geassosieer, soos geduld, teerheid en 'n toegewydheid aan haar kinders, wat maak dat sy tyd saam met hulle wil deurbring en hulle fisiek en geestelik wil koester. Ander kwaliteite word met pa's geassosieer, soos bemoediging, vertroosting en 'n neiging om daarop aan te dring dat hul kinders 'n lewe leef wat aan die Here waardig is.

Paulus en ander sendelinge het hierdie kwaliteite aan die gelowiges in Tessalonika aanbeveel, sodat hulle geestelik kon groei. Hy het beide die rol van ma en pa vervul, en hy het ook vir ons 'n mooi prentjie gegee van die behoeftes van kinders en die rol wat ouers speel om dié behoeftes te bevredig. Of jy nou in 'n een- of twee-ouer gesin is, die kinders se behoeftes bly dieselfde. Moet egter nie moed verloor nie, God sal jou toerus om die werk te doen waarvoor Hy jou geroep het (Hebreërs 13:21).

Vertrou op God vir die krag en kwaliteite wat nodig is om kinders groot te maak.

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com