Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 172 VAN 280

GOD SE ONTWERP

Ons as Christene behoort ons lewens daaraan te wy om ons geestelike gawes te ontdek en te gebruik. Dieselfde geld vir ons kinders. Hierdie strewe is noodsaaklik as ons God se doel vir ons wil bereik. Ons kan niks vir Hom doen sonder die gawes wat Hy vir ons gegee het nie. Ons kan baie bereik met daardie gawes!

Is dit nie bemoedigend dat God ons spesifiek toerus om die dinge te doen waarvoor Hy ons geroep het nie? Dit is die wonder van geestelike gawes. Hulle laat ons toe om ander te dien soos wat God dit bedoel het. Die omgekeerde is egter ook waar. Wanneer ons iets probeer doen waarvoor God ons nie bekwaam het nie, wandel ons buite sy plan vir ons en is ons bestem om te kort te skiet.

Help jou kinders om hul godgegewe talente te ontdek, te ontwikkel en tot eer van die Here te gebruik.

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com