Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

'N KIND SE GEHOORSAAMHEID
Kinders behoort hulle ouers vir 'n hele aantal redes te gehoorsaam. Een daarvan is dat gehoorsaamheid die goddelike orde in die huis handhaaf. Daar moet iemand in beheer wees. Dit insinueer egter nie dat die ouers in die huishouding meer of minder belangrik is nie. Dit beteken slegs dat hulle die finale gesag is waaraan elkeen hulleself in liefde moet onderwerp.
Gesag is 'n interessante konsep. Dit het meer met orde as waarde en vermoë te doen. 'n Soldaat in die weermag kan meer waardevol wees sonder om 'n hoër rang as sy offisier in bevel te hê. Die offisier het meer gesag, maar dit maak hom nie 'n beter man nie. Hy verdien die respek van sy manskappe deur sy gesag op 'n Christelike manier af te dwing.
Kinders moet aan hulle ouers onderdanig wees, want God het aan ouers gesag gegee om kinders in liefde groot te maak, op te voed, te lei en te dissiplineer. Onderdanigheid is glad nie dieselfde as 'n nederlaag nie.
"Onderdanigheid" herken God se orde vir die huisgesin en ouers wat waardig is om gerespekteer te word, word met blymoedigheid gehoorsaam.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.
More
We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com
Verwante Leesplanne

12 Groot Foute Wat Ouers Kan Vermy

Die sin van die lewe

Net ek en U Here, getrouheid in die geheime plek - PC Pretorius

Is ek sout en lig soos die Woord van my vra?

7 Lewensbesluite vir geestelike krag

Die deur is toe; wat nou?

Die krag van ’n biddende vrou

Die Troos van die Psalms in die Stryd van die Lewe

Tye van groei