Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 171 VAN 280

SPYT EN BEKERING

Daar is twee soorte spyt: goddelike spyt wat tot bekering lei en wêreldse spyt wat die dood meebring. Wanneer jou kinders huis toe kom en ontsteld is oor iets wat die betrokke dag gebeur het, is hierdie konsep baie belangrik. Wat is ons doel met so 'n bespreking? Is dit om blaam op hulle te plaas, om verskonings te maak of om hulle te korrigeer en so te help dat dit nie weer gebeur nie? Of is dit om saam met hulle die invloed van die gebeurtenis te ontdek en hulle sagkens en met empatie te lei sodat hulle kan sien hoe God dit kan gebruik om hulle tot 'n plek van bekering te bring?

Ons raak so dikwels in die emosies van die oomblik vasgevang en vergeet dat God enigiets kan vrymaak. Hoe wonderlik sal dit nie wees as spyt jou kinders kan lei om God 'n bietjie beter te kan sien nie? Dit is wat goddelike spyt veronderstel is om te doen!

Erken dat pynlike ondervindings geleenthede vir ons kinders kan wees om nader aan God te groei.

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com