Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

DIE GROOTSTE SONDAAR
As daar ooit 'n man was wat op sy "kerkwerk" kon trots voel, was dit die apostel Paulus. Tog het hy besef dat hy, en almal van ons, die realiteite in die oë moes staar. Ongeag van wat ons doen, het ons nog steeds God se guns en genade nodig. Ons kan nooit te veel vir God gee nie, en ons pogings sal nooit ons of ons kinders kan red nie.
Hierdie einste waarheid het Paulus egter bly gemaak, want die evangelie wat hy gepreek het, was beskikbaar vir almal wat in God glo, ongeag hulle bydraes (1 Timoteus 1:15). Hy het in der waarheid geredeneer dat, as Christus iemand kon red wat homself as die grootste sondaar beskou het, behoort sy genade genoeg te wees vir ons. Paulus se nederigheid is 'n goeie voorbeeld. Let op dat Paulus nie sê: "van wie ek die slegste was" nie, maar eerder "van wie ek die slegste is".
Wanneer ons trots begin voel oor alles wat ons al bereik het, moet ons eerder na Paulus se voorbeeld kyk en rus vind in God se genade. Genade is genoeg!

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.
More
We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com
Verwante Leesplanne

12 Groot Foute Wat Ouers Kan Vermy

Die sin van die lewe

Net ek en U Here, getrouheid in die geheime plek - PC Pretorius

Is ek sout en lig soos die Woord van my vra?

7 Lewensbesluite vir geestelike krag

Die deur is toe; wat nou?

Die krag van ’n biddende vrou

Die Troos van die Psalms in die Stryd van die Lewe

Tye van groei