Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 166 VAN 280

DORINGS

As ons van mening is dat lyding vermy moet word, kan ons van God se grootste werke misloop. Vandag se Skrifgedeelte vertel vir ons dat 'n bietjie lyding God se poging is om ons reg te help. Sy groot liefde vir ons laat dit toe. Lyding kan 'n teken van God se liefde wees!

Lyding gee ook vir ons die kans om God se heerlikheid te wys. Die apostel Paulus het 'n ongemaklike toestand gehad wat hy die "doring in die vlees" genoem het. Ons weet nie wat dit was nie, maar ons weet dat dit hom soveel gepla het dat hy drie keer gebid het dat God dit moet verwyder. God het nie die "doring" verwyder nie. Paulus was egter oortuig dat die lyding tot sy voordeel was, want dit het gekeer dat hy verwaand raak. God het vir Paulus gesê dat sy swakheid God openbaar: "My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is" (2 Korintiërs 12:9).

Wanneer jy voel dat jy nie uitgeknip is vir ouerskap nie, onthou dat God jou met sy krag kan vul as jy swak is. As jy op jou eie krag staatmaak, is daar nie plek vir God nie.

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com