Leesplan inligting

Rig jou Denke — Bewaak jou Hart — Hou jou Tong in BedwangVoorbeeld

Guide Your Mind-Guard Your Heart-Grace Your Tongue

DAG 5 VAN 21

'n Hewige stryd sal plaasvind as jou doel slegs is om 'n silwerskoon verstand te kry. Hierdie geveg is nie net 'n skermutseling nie, maar 'n gestoei; dis 'n volskaalse oorlog tussen jou en die een wat weet — indien hy jou denke kan beheer — hy in staat sal wees om jou hele lewe te beheer. Alhoewel die konflik waarin jy gewikkel is soms baie hewig is, geweldadiger as wat jy jou kan voorstel, laat toe dat ek vir jou twee wonderlike en lewensbelangrike feite daaroor meedeel.



Eerstens: die vyand het alreeds verloor! Sy krag is van hom af weggeneem deur die kampioen van alle ewigheid, Jesus Christus. Jou rol in hierdie ongebalanseerde geveg is om eenvoudig net saam te stem met die Een wat die oorwinning behaal het. Tweedens: die enigste strategie wat die vyand gebruik is bedrog; enigiets wat hy vir jou sê is 'n infame leuen. 



Jou oorwinning in die geveg is gewaarborg nog voor jy enigsins begin veg het, uitsluitlik omdat jy Jesus aan jou kant het. As jy graag jou denke wil suiwer en die denke van God self wil hê, moet jy in vennootskap met Jesus en die Heilige Gees tree. Die geveg word op drie maniere geveg: eerstens: waarheid in plaas van leuen; tweedens: in gebed; en derdens: in aanbidding. 



Menslike krag en insig is nie genoeg om hierdie lewensbelangrike konflik in jou denke te oorwin nie; dit moet beveg en oorwin word deur die goeie geveg wat uiteindelik vir ons beheer oor ons denke bring — dit is 'n aanhoudende, daaglikse stryd. Jy moet elke dag die Woord van God inneem om dieselfde gesindheid as God te kan hê. Jy moet toegewyd wees om elke dag te bid en voorbidding te doen om die kragtige gedagtes vanuit die troonkamer te ontvang. Jy moet ook kies om elke dag luidkeels en vreugdevol te aanbid, om sodoende jou denke te suiwer van die gemors wat die vyand daar gelos het.



Persoonlike Toepassing: 



Soek 'n gebedsvennoot en vra hierdie vriend(in) om saam met jou vir jou denke te bid. Wees verantwoordbaar en eerlik met hierdie betroubare vriend(in) terwyl jy jou denke met die krag van gebed suiwer.


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Guide Your Mind-Guard Your Heart-Grace Your Tongue

Ons het almal al woorde "onder die invloed" van verwarrende gevoelens en benewelde denke geuiter. Baie gou het ons gewens dat ons die towerkrag gehad het om daardie woorde ongedaan te maak. Dis ons gedagtes en emosies wa...

More

Baie dankie aan "Just Joy Ministries" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://justjoyministries.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid