Leesplan inligting

Rig jou Denke — Bewaak jou Hart — Hou jou Tong in BedwangVoorbeeld

Guide Your Mind-Guard Your Heart-Grace Your Tongue

DAG 8 VAN 21

Noudat jy weet wat dit beteken as jou denke vernuwe word om soos Christus s'n te wees, is dit tyd vir die allerbeste hartoorplanting! Dis tyd vir jou om in jou diepste wese plek te maak vir God se hart. God wil jou verharde en verslete hart verwyder en dit met sy volmaakte hart vervang. 



Die Hebreeuse woord wat in hierdie vers as "hart" vertaal word, isleb, wat omskryf word as "die siel, die oorsprong van lewe, die oorsprong van bewussyn, gevoelens en toegeneentheid, die oorsprong van die wil en 'n doel." Uit hierdie betekenis kan ons aflei dat die hart deel uitmaak van die mens se samestelling wat bepaal hoe 'n persoon in enige omstandigheid in sy lewe sal optree. Die hart is ook 'n emosionele termometer en reguleer in hoe 'n mate ons ons gevoelens oor mense, gebeure en omstandighede uitdruk.



Die hart se probleem is dat dit nie opgepas wil word nie! Jou hart is vasbeslote om homself met entoesiasme en dikwels baie dramaties uit te druk. Jou hart wil aan elke situasie in die lewe uiting gee, dit oordryf en dramatiseer. Die Bybel sê egter nie ons moet uiting gee aan ons harte nie, dit sê ons moet "versigtig wees" wat in ons hart omgaan.



Die besluit om met eerbied en getrouheid oor jou hart die wag te hou, sal elke ander terrein van jou lewe beïnvloed. Die dinge wat jy in die kamers van jou hart toelaat, sal bepaal hoe jy optree en sal ongetwyfeld jou aansien bepaal. Jy moet nie slegs waak oor wat jy in jou hart toelaat nie, maar jy moet ook waak oor wat uit jou hart uitgaan. Jou vermoë om die grense van jou hart te bewaak sal voortdurend die grense van jou eie lewe bepaal. 



Jy moet jou hart getrou bewaak, dan sal jy 'n standvastige en kragtige vrou van God word, wat in staat is om die uitdagings en die moeilikhede van die lewe te hanteer sonder om ander mense aan jou onbewaakte, onstabiele emosies bloot te stel. Jou nalatenskap sal vir geslagte lank na jou dood voortduur en jy sal altyd bekend staan as 'n vrou van deug en eerbaarheid. Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, dan sal jy die voorreg hê om 'n oorvloedige en vreugdevolle lewe te lei! 



Persoonlike Toepassing: Gebaseer op wat jy gelees het, hoe sal jy die waarde van jou hart in God se oë beskryf?


Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Guide Your Mind-Guard Your Heart-Grace Your Tongue

Ons het almal al woorde "onder die invloed" van verwarrende gevoelens en benewelde denke geuiter. Baie gou het ons gewens dat ons die towerkrag gehad het om daardie woorde ongedaan te maak. Dis ons gedagtes en emosies wa...

More

Baie dankie aan "Just Joy Ministries" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://justjoyministries.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid