Leesplan inligting

Rig jou Denke — Bewaak jou Hart — Hou jou Tong in BedwangVoorbeeld

Guide Your Mind-Guard Your Heart-Grace Your Tongue

DAG 4 VAN 21

Van die begin van alle tye is die Satan besig om God se mense met sy belaglike leuens te teiken. Jy moet nooit 'n gedagte koester wat jou laat twyfel oor die onfeilbaarheid en die geldigheid van die Woord van God nie. Die Woord van God is altyd waar! Elke woord, vers, hoofstuk en boek in die Bybel bevat ewige waarheid. Jy moet onwrikbaar wees om hierdie kwessie eens en vir altyd vir jouself uit te maak: "As God dit gesê het, glo ek dit, en dis dit!"



Die Satan se slinkse plan is om jou te oortuig dat dit nie absoluut nodig is om elke woord wat God sê te gehoorsaam nie. Hy probeer om jou vertroue in God 'n knou te gee en as hy jou net 'n bietjie kan laat twyfel, is hy goed op pad om jou lewe totaal en al te vernietig. Wanneer jy met die Satan in gesprek tree en toelaat dat sy verdraaide woorde in jou verstand vassteek, soos Eva gemaak het, sal dit op nederlaag uitloop in die volgende drie terreine van jou lewe:



Eerstens: die Satan se leuens kan die manier beïnvloed hoe jy jou omstandighede beskou. Die vyand se leuens laat dinge wat normaalweg nie jou aandag sal trek nie, aanloklik lyk. Tweedens: die Satan se leuens kan jou begeertes verander van dit wat gesond is en ewigheidswaarde het, na dit wat ongesond en tydelik is. Derdens: as jy na die Satan luister sal jy probeer om ander mense te beïnvloed op grond van jou eie misleiding en eiegeregtigheid. 



Indien die Satan 'n vashouplek in ons gedagtes kan kry, sal hy heel waarskynlik ons lewens beheer, want ons is wat ons dink. Die Satan is net in staat om jou te mislei; God is in staat om jou die waarheid te gee. Terwyl jy jou denke strategies kies, moet jou doel wees om jou denke grotendeels te vul met die beginsels en waarhede wat in die Bybel gevind word. Indien jy 'n outomatiese instelling in jou brein het, behoort dit altyd op die Woord van God ingestel te wees!



Persoonlike Toepassing: 



Op watter maniere is enige van hierdie terreine deur verkeerde denke beïnvloed, met ander woorde, deur die vyand in jou denke geplaas? Vind 'n Skrifgedeelte vir elke antwoord — een wat dit bevestig of help om dit reg te stel. 


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Guide Your Mind-Guard Your Heart-Grace Your Tongue

Ons het almal al woorde "onder die invloed" van verwarrende gevoelens en benewelde denke geuiter. Baie gou het ons gewens dat ons die towerkrag gehad het om daardie woorde ongedaan te maak. Dis ons gedagtes en emosies wa...

More

Baie dankie aan "Just Joy Ministries" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://justjoyministries.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid