Leesplan inligting

Rig jou Denke — Bewaak jou Hart — Hou jou Tong in BedwangVoorbeeld

Guide Your Mind-Guard Your Heart-Grace Your Tongue

DAG 21 VAN 21

God het vir jou 'n tong gegee sodat jy sy lof in die normale gang van jou lewe kan verkondig. Van Genesis tot Openbaring is dit duidelik dat ons geskep is om God te prys. Ons is geskep om die Een te besing wat ons geskep het, wat ons liefhet en wat ons verlos het. Lofprysing bring waarde en doel in ons lewens. Lofprysing het die krag om 'n eenvoudige lewe wonderbaarlik in 'n uitsonderlike en betekenisvolle een te verander. 



God maak Homself tuis as ons kies om Hom te aanbid ongeag die omstandighede in ons lewens. Miskien is die rede hoekom jy soms ver van God af gevoel het, dat jy opgehou het om Hom te prys. Wanneer jy Hom prys, sal Hy na jou toe kom! Wanneer jy sy Naam besing, voel Hy gemaklik. Hy kom woon daar waar jou aanbidding baie uitbundig is! Terwyl jy dus nog asemhaal, is jou posbeskrywing op aarde om jou tong as 'n instrument van lofprysing te gebruik. 



Jy het nie net 'n tong gekry sodat jy lof kan bring, kan aanbid of bemoedig nie, maar ook om die Woord en die wil van God te verkondig. Die Woord van God behoort elke keer die laaste woord in te kry — vir elke situasie en regdeur die dag. Daar behoort nie 'n enkele situasie of gebeurtenis in jou lewe te wees wat nie deur die gesag van die Woord, wat jy in jou hart gebêre het, beïnvloed word nie. Die Woord van God sal iets doen omtrent jou uiterlike omstandighede en in jou binneste 'n werk verrig! Wanneer jy jou tong gebruik om die beloftes van God te verkondig, sal dit jou perspektief omtrent die situasie verander. Jou tong is gemaak om God se planne oor jou teleurstellings en menslike pyn te verkondig. Jou tong is gemaak om alles wat God ooit gesê het, te bevestig. Die bedoeling is nie dat dit 'n marionet moet wees wat jou verkeerde gedagtes en die onbewaakte inhoud van jou hart naboots nie. Dit was eerder ontwerp om 'n pragtige eggo te wees van volmaakte denke en God se rein hart.







Persoonlike Toepassing: Skryf iets spesifieks neer waarmee jy jou naaste familielede of vriende kan prys of aanmoedig. Deel dit dan vandag met hulle of by 'n geskikte geleentheid. 



Sal jy vandag 'n e-pos skryf en aan carol@carolmcleodministries.com stuur? Laat my asseblief weet hoe hierdie lering jou gehelp het en waarvoor ek vir jou kan bid! Ek sien uit daarna om van jou te hoor!


Dag 20

Aangaande hierdie leesplan

Guide Your Mind-Guard Your Heart-Grace Your Tongue

Ons het almal al woorde "onder die invloed" van verwarrende gevoelens en benewelde denke geuiter. Baie gou het ons gewens dat ons die towerkrag gehad het om daardie woorde ongedaan te maak. Dis ons gedagtes en emosies wa...

More

Baie dankie aan "Just Joy Ministries" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://justjoyministries.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid