Leesplan inligting

Rig jou Denke — Bewaak jou Hart — Hou jou Tong in BedwangVoorbeeld

Guide Your Mind-Guard Your Heart-Grace Your Tongue

DAG 6 VAN 21

Een van die belangrikste aspekte van hierdie geveg om beheer oor jou denkprosesse te herwin, is om te ondersoek waaroor jy dink. As 'n gelowige is jy verantwoordelik vir jou eie gedagtewêreld; niemand anders gaan verantwoordelik gehou word vir die gedagtes wat jy in jou aktiewe denke laat broei nie. Dis waar dat sommige optredes deur groepsdruk aangemoedig word en dis net so waar dat sommige woorde wat jy sê 'n geregverdige optrede teenoor 'n ander persoon se invloed kan wees; jy het egter die gesag om te bepaal wat tussen jou twee ore aangaan.



Ons gee onsself dikwels gesonde perke vir die optrede wat ons kies en die woorde wat ons kies om teenoor ander te sê. Die perke wat ons egter vir onsself stel, behoort nie net tot daardie twee terreine beperk te wees nie. Om perke vir jou denke te stel, is ook deel van 'n gesonde lewe. Alhoewel jou denke 'n geheimsinnige, verborge plek mag wees, het dit nog steeds spesifieke grense nodig waarbinne jy kan optree.



Die gedagtes wat jy op enige gegewe dag kies om te dink, sal jou gesindheid en gemoedstoestand van daardie dag bepaal. 'n Emosie word altyd deur 'n gedagte voorafgegaan. Herinner jouself daagliks daaraan dat 'n definitiewe gedagte in 'n gesaghebbende gevoel omgesit word voordat jou mond dit enigsins sê. Elke woord wat jy uiter het dus sy oorspring in jou denke. Die oorsprong van elke emosie en elke gesprek word in die Petri-bakkie van jou denkkeuses gevind. Jou emosies ontstaan as gedagtes en jou woorde is geneig om jou emosies of gevoelens te volg, en daarom verloop die proses as volg: Gedagte —> Gevoel of Houding —> Optrede of Gesproke woorde. 



Vandag is die dag om na te dink waaroor jy dink en om 'n besluit te neem! Vandag is die dag om vir God wysheid te vra sodat jy in staat sal wees om 'n lewe te leef wat 'n impak in die koninkryk maak. Jy is deel van God se wonderlike en kragtige plan — dink dus dienooreenkomstig!



Persoonlike Toepassing: 



"Ons word wat ons glo." Dink na oor twee of drie maniere waarop hierdie waarheid in jou eie lewe plaasgevind het.


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Guide Your Mind-Guard Your Heart-Grace Your Tongue

Ons het almal al woorde "onder die invloed" van verwarrende gevoelens en benewelde denke geuiter. Baie gou het ons gewens dat ons die towerkrag gehad het om daardie woorde ongedaan te maak. Dis ons gedagtes en emosies wa...

More

Baie dankie aan "Just Joy Ministries" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://justjoyministries.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid