Leesplan inligting

Rig jou Denke — Bewaak jou Hart — Hou jou Tong in BedwangVoorbeeld

Guide Your Mind-Guard Your Heart-Grace Your Tongue

DAG 3 VAN 21

Jou liefdevolle hemelse Vader se uiteindelike plan vir jou denke is om jou gedagtes met sy Woord te vul asook die krag en outoriteit wat aan 'n gelowige in Jesus Christus behoort. Net soos God 'n plan vir jou denke het, het die Satan, die vader van die leuens ook. 'n Stryd om jou denke is aan die gang tussen God en die Satan, goed en kwaad, waarheid en fiksie, geregtigheid en fantasie. Daarom is dit belangrik om te besef dat jy nie eintlik die probleem is nie, soos in Efesiërs 6:12 verduidelik word. Die probleem is 'n geestelike stryd wat deur die duiwel beplan is en deur sy onderdane uitgevoer word. Die duiwel besef dat as hy jou denke kan beïnvloed, sy kanse goed is om jou hele lewe te beheer.



Hoe jy die stryd in jou denke hanteer, bepaal die atmosfeer van die belangrike omstandighede en verhoudinge in jou lewe. As jy 'n vredevolle tuiste begeer, moet jy erken dat die Bybelse beginsel van vrede in jou binneste begin. Jou brein se redenasies sal in 'n groot mate bepaal of jou tuiste vol spanning is of met krag gevul is. Dieselfde geld vir ander terreine in jou lewe.



Dis tyd dat jou denkpatrone verander! Dis tyd om die Satan se voorstelle te verwerp en God se waarhede te aanvaar. Die verandering begin met 'n Goddelike ondersoek, wat deur die grootste en betroubaarste Geneesheer van alle tye gedoen word. Wanneer die Satan sy aaklige leuens in jou ontvanklike brein stort, gebruik hy net genoeg waarheid om sy idee te laat posvat. Met behulp van die groot Geneesheer kan jy die duiwel hard en uitdagend met die waarheid, wat net in die Woord van God gevind word, konfronteer! Ons is nog nie klaar met hierdie onderwerp nie, want in die volgende hoofstukke gaan ons meer te wete kom oor hoe ons geestelike vyand te werk gaan en hoe ons hom met die Woord van God kan teëstaan.



Persoonlike Toepassing: 



Dink na oor jou alledaagse gesindhede, woorde en aksies. Wat sê hulle oor die stand van jou gedagtes? Watter verborge, negatiewe gedagtes het jy toegelaat om jou lewe te rig?


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Guide Your Mind-Guard Your Heart-Grace Your Tongue

Ons het almal al woorde "onder die invloed" van verwarrende gevoelens en benewelde denke geuiter. Baie gou het ons gewens dat ons die towerkrag gehad het om daardie woorde ongedaan te maak. Dis ons gedagtes en emosies wa...

More

Baie dankie aan "Just Joy Ministries" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://justjoyministries.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid