Leesplan inligting

Heilige Gejaag: Koester 'n Hardwerkende, Uitgeruste LeweVoorbeeld

Holy Hustle: Embrace A Work-Hard, Rest-Well Life

DAG 1 VAN 10

In ons huis is gejaagdheid nie 'n bangmaak-woord nie. Dit is net wat ek doen.



As ons na die woordeboek se definisie van gejaagdheid kyk, beteken dit "Gedryf deur haas en dringendheid". Herinner jou dit nie aan Kolossense 3:23 nie? "Wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie." Wanneer ek skuldig voel omdat ek hard werk en probeer om die voorbeelde van rus en sielsversorging te volg wat op die oomblik baie gewild is, kom ek agter dat ek tot luiheid neig. As ek egter te ver na die ander uiterste toe gaan en aanhoudend werk, volg ek die wêreld se definisie van gejaagdheid, en ek bevind myself moeg geprobeer en uitgeput. 



Wat ek ook al doen, laat my ellendig voel.



Ons dien 'n God wat die hele aarde en alles daarop, in ses dae, uit niks geskep het. God stel vir ons 'n voorbeeld van werk — energieke, kreatiewe, harde werk, gevolg deur rus. Terwyl ek gebid het oor hoe hierdie voorbeeld by die begrip van moderne gejaagdheid inpas, het God 'n paar dinge aan my onthul:



  1. Gejaagdheid is nie verkeerd wanneer ons harde werk doen wat God verheerlik en sy koninkryk dien nie.

  2. Die Skrif bied voorbeelde van die seën op harde werk.

  3. Ons kan nie 100% van ons lewe skoei op die eerste ses dae van die skepping en dag sewe ignoreer nie.


Gejaagdheid hoef nie te beteken om vooruit te gaan nie, om oor ons kollegas te loop of die kollig op onsself te plaas nie. Heilige gejaagdheid gaan oor die manier van harde werk waaroor Kolossense 3:23 skryf; wanneer ons voluit leef op die pad waarop God ons geplaas het en die herstellende balans van werk en rus ontdek.



Maak vandag tyd om vir balans in jou huidige werk en rus te bid. Vra God om dié dele aan jou te openbaar wat nie ooreenstem met sy plan vir jou lewe nie, areas waarin jy te hard werk en te min rus, of areas waar jy te veel rus en te min werk. Gebruik tyd om jou doelwitte neer te skryf, alles wat jy miskien in die komende jaar wil bereik, en offer dan rustig hierdie doelwitte aan God.



Laat vaar enigiets wat Hy jou lei om te verwyder en voeg enigiets nuuts by wat Hy op jou hart druk. Vra God om jou te wys hoe jy sy Naam kan verheerlik deur aan hierdie projekte te werk, en vra sy vergifnis vir die tye wanneer hebsug, 'n strewe na roem of na mededingende kompetisie jou gemotiveer het.



 


* * *


Hierdie oordenking is aangepas uit"Holy Hustle: Embracing a Work-Hard, Rest-Well Life" deur Crystal Stine. Vir meer inligting oor hoe om sonder skuldgevoelens te werk en te rus, besoek https://amzn.to/2I3ow1d. 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Holy Hustle: Embrace A Work-Hard, Rest-Well Life

Balans. Dit is waarna ons in ons lewens verlang as ons die geroep "werk harder!" in een oor hoor, en 'n fluistering om "meer te rus" in die ander oor. Wat as God se plan vir ons nie net die een óf die ander manier is nie...

More

Baie dankie aan Crystal Stine en Harvest House Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.harvesthousepublishers.com/books/holy-hustle-9780736972963

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid