Onwrikbaar, Met Lisa BevereVoorbeeld

* Kyk na hierdie video met Afrikaanse onderskrifte deur "Watch on YouTube" te klik, dan op "YouTube Settings, Subtitles" en kies Afrikaans.
Wil jy gewild wees ... of wil jy invloedryk wees?
Dit kom voor of gewildheid en invloed eenders is, maar hulle verskil baie van mekaar. Gewildheid vereis dat jy die skares moet volg of hulle moet vertel wat hulle graag wil hoor. Daarteenoor nooi invloed jou uit om op die waarheid te staan, buite die kring van die skare.
In sy kern is die waarheid nie 'n wat nie, maar 'n wie, want Jesus het gesê dat Hy die waarheid is. Jesus het ook gesê dat die Woord van God die waarheid is. Die wêreld hou daarvan om te dink dat die waarheid kan wissel en relatief is, maar die waarheid wat gegrond is op die persoon van Jesus en die Woord van God, verander nooit nie. In 'n wêreld vol opinies, lei God se waarheid ons tot oortuigings waarop ons ons lewens kan bou.
Ons moet versigtig wees om die verskil te kan onderskei tussen opinies en oortuigings. Ons wêreld het nie die verwarring nodig wat met talle menings gepaardgaan nie. Dit het die stabiliteit nodig wat die waarheid bring. Kom ons dra nie by tot die lawaai wat ons aandag aflei en weghou van die Skrif en die Gees van waarheid nie.
Menings kan maklik gelug en verander word, maar moeilik om terug te trek as dit eers deur nalatigheid versprei is. Hulle kan soos rommel word wat ander se lewens en ons eie besoedel. Ons moet noukeurig oor ons woorde waak, om te verseker dat ons deel van die oplossing vir die probleme is waarvoor ons gesalf is.
Ek daag jou uit om jou lewe en die woorde wat jy kies om uit te spreek, te verander. Wees versigtig wat jy lees, waarna jy luister, wat jy sê, of op sosiale media plaas. Moenie die probleme in jou gesin of in die kerk vir die hele wêreld uitsaai om te sien nie. Tog, terselfdertyd, moet jy nie daaroor stilbly nie: Praat met jou gesin oor jul probleme. As iemand nie by die probleem of oplossing betrokke is nie, moet hulle dan nie onnodig betrek nie. Dit maak net die probleem groter, eerder as om dit op te los.
Hoe is om stil te bly oor belangrike sake, dieselfde as om hulle goed te keur? Wat beteken dit om jou woorde so te verander dat jy deel van die oplossing is en nie van die probleem nie?
Aangaande hierdie leesplan

Wat is waarheid? Ons samelewing glo die leuen dat die waarheid 'n rivier is wat eb en vloei met die verloop van tyd. Die waarheid is egter nie 'n rivier nie — dit is 'n rots. In 'n woeste see van baie menings, sal hierdie leesplan help om jou siel te anker en om jou duidelike rigting in 'n dwalende wêreld te gee.
More
Verwante Leesplanne

Onverwags

Soek Daagliks Die Hart Van God — Wysheid

Uitgekies: Herinner Jouself Elke Dag Aan Die Evangelie

Sielsrus: Sewe Dae Na Vernuwing

Heilige Gejaag: Koester 'n Hardwerkende, Uitgeruste Lewe

Gewoontes

Nuwe Jaar, Nuwe Genade

Veilig in sy hand

Bly In Jesus - Dra Vrugte Wat Hou
