Leesplan inligting

Onwrikbaar, Met Lisa BevereVoorbeeld

Adamant With Lisa Bevere

DAG 1 VAN 6


* Kyk na hierdie video met Afrikaanse onderskrifte deur "Watch on YouTube" te klik, dan op "YouTube Settings, Subtitles" en kies Afrikaans.


Mense het eeue lank gesoek na 'n stof wat adamas heet. Hierdie verborge steen sou kragtig, magneties, liggewend en onvernietigbaar wees. Heersers het gedink as hulle dit ooit kon kry, hulle dit vir wapens en wapenrusting kon gebruik om onoorwinlik te word. Vir honderde jare het helde op ontdekkingsreise gegaan, op soek na hierdie betowerende steen. 



Ek hou hiervan. Daar is mos iets aanloklik aan ontdekkingsreise en stene met verborge kragte, maar niemand soek regtig meer na magiese klippe nie. Ontdekkingsreise het verander. Dit is nie meer 'n ondeurdringbare mineraal wat die wêreld soek nie; hulle soek 'n ondeurdringbare en onveranderlike waarheid.



In wese wil ons iets stewig en standvastig hê. Selfs Pontius Pilatus het vir Jesus gevra: "Wat is waarheid?" Vir baie is dit 'n moeilike vraag — en vir te lank was ons bereid om dit onbeantwoord te laat.



Ons leef in 'n tyd waar ons kerngesprekke, kernverhoudings en 'n kernverbintenisse met die Woord van God, wat die waarheid is, nodig het. Ons is 'n geslag wat van ons ontsag gestroop is, en al te dikwels bevind ons onsself sonder strewe en rondgeslinger in 'n rivier van sogenaamde waarheid. 



Maar die waarheid is nie 'n rivier nie. Dit is 'n rots. 



Te midde van al hierdie verwarring en vergelykings, moet ons terugkeer na Jesus. Hy is ons Rots, ons Onwrikbare: onbeweeglik en onwankelbaar. Ons word genooi om ons lewens na Hom te vorm — nie net op Hom nie, maar in Hom — as ons stewige fondament. Hy is die enigste vastigheid in 'n deurmekaar wêreld. 



Wanneer ons dit doen, laat Hy ons sterk staan net soos Hy. Hy is die hoeksteen, maar ons is ook lewende stene, saam met Hom gebou in 'n geestelike huis wat dien as 'n buitepos en skuiling vir almal wat deur ons ewige veranderende wêreld rondgeslinger word. 



Dit vorm deel van ons roeping as Christene — om in waarheid vas te staan, nie net ter wille van onsself nie, maar ook ter wille van diegene wat op soek is na iets waarop hulle hul lewens kan bou. 



Wat beteken dit vir jou dat Jesus die Rots is? In watter gebiede van jou lewe het die waarheid vloeibaar geword?


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Adamant With Lisa Bevere

Wat is waarheid? Ons samelewing glo die leuen dat die waarheid 'n rivier is wat eb en vloei met die verloop van tyd. Die waarheid is egter nie 'n rivier nie — dit is 'n rots. In 'n woeste see van baie menings, sal hierdi...

More

Baie dankie aan John en Lisa Bevere wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://iamadamant.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid