Onwrikbaar, Met Lisa BevereVoorbeeld

* Kyk na hierdie video met Afrikaanse onderskrifte deur "Watch on YouTube" te klik, dan op "YouTube Settings, Subtitles" en kies Afrikaans.
Wanneer ons God se liefde ontvang, is die mees natuurlike en nodige reaksie vir ons om liefde te gee. Ons moet vreesloos, triomfantlik en eindeloos liefhê. Die ware bewys van iemand wat weet dat hulle geliefd is, is dat hulle baie liefde gee.
God het nie liefde nie; Hy is liefde. Liefde is sy geaardheid. Dus, omdat God liefde is, kan jy Hom nie keer om jou lief te hê nie. Sy liefde is onoorwinlik en onbeweegbaar, onaangeraak deur elke op en af in jou lewe.
Omdat God almal liefhet, kan Hy nie alles liefhê nie. Aangesien God onwrikbaar in sy liefde is, moet Hy ook onwrikbaar wees in sy haat.
Dit lyk dalk met die eerste oogopslag na 'n teenstrydigheid, maar het ons nie dalk van liefde 'n afgod gemaak nie? Ons weet dat God liefde is, maar het ons ons idee van liefde 'n god gemaak?
Die waarheid is, God haat dit wat liefde teenstaan. Hy haat dit wat dié wat Hy liefhet, uitmekaar skeur. Daarom moet God dit haat wat ons identiteit verdraai.
Die Skrif sê ook vir ons wat God haat: alles wat teenstrydig is met geregtigheid en waarheid, wanneer weduwees en weeskinders onderdruk word, die mishandeling van bejaardes en die verwaarlosing van familie, wanneer sy goedheid verdraai en sy gawes bederf word, wanneer liefde in selfsug verdraai word en vriende vyande word, wanneer sy beeld verander en ons s'n verdraai word, wanneer kwaad goed genoem word en die onskuldige vermoor word, en wanneer hoogmoed en trots ons verneder. In 'n neutedop: God haat alles wat liefde ondermyn, want alles wat die liefde verneder, verneder ons ook.
Ons kan nie ware liefde hê as ons "alles liefhet nie." God is onwrikbaar in beide liefde en haat, daarom moet ons leer om dit lief te hê wat God liefhet en dit te haat wat Hy haat.
Op watter maniere het ons samelewing sy idee van liefde 'n god gemaak? God het almal lief, maar Hy het nie alles lief nie. Hoe lyk hierdie waarheid in jou lewe?
Aangaande hierdie leesplan

Wat is waarheid? Ons samelewing glo die leuen dat die waarheid 'n rivier is wat eb en vloei met die verloop van tyd. Die waarheid is egter nie 'n rivier nie — dit is 'n rots. In 'n woeste see van baie menings, sal hierdie leesplan help om jou siel te anker en om jou duidelike rigting in 'n dwalende wêreld te gee.
More
Verwante Leesplanne

Onverwags

Soek Daagliks Die Hart Van God — Wysheid

Uitgekies: Herinner Jouself Elke Dag Aan Die Evangelie

Sielsrus: Sewe Dae Na Vernuwing

Heilige Gejaag: Koester 'n Hardwerkende, Uitgeruste Lewe

Gewoontes

Nuwe Jaar, Nuwe Genade

'n Bybelse Perspektief Op Dood en Lewe

BibleProject | Ontdek die tema van die Eksodus-weg in die Skrif
