Die Lydenstyd Oordenking: HerstelVoorbeeld

Lent Devotional: Restore

DAG 9 VAN 47

Herstel: God is besig om my hoop te herstel

Ek onthou baie duidelik my eerste Tearfundreis na Peru. Ons het na die heuwels gegaan en tyd saam met gemeenskappe deurgebring wie se families vir geslagte lank die grond as bestaansbron benut het.

Daardie mense het die grond geken en dit liefgehad. Dinge het egter verander. Die weer het verander.

Boere kon nie meer die reënval en temperature voorspel nie, wat dit moeiliker as ooit tevore gemaak het om gewasse te verbou. As gevolg daarvan was kos en geld skaars. Hulle droefheid was tasbaar en hulle het begin om hoop te verloor.

In reaksie hierop het die personeel van Tearfund se plaaslike vennoot hard aan die werk gespring. Hulle het dié wat die meeste gesukkel het gehelp en hulle toegerus om by die veranderende klimaat aan te pas.

Ek onthou een spesifieke man, Jorge. Hy is geleer om besproeiingskanale in sy landerye te maak, wat hom minder van die weerpatrone afhanklik gemaak het. Sy gesigsuitdrukking toe die water begin vloei, was een van pure vreugde. Vir Jorge het daardie waterkanale hoop wat herstel is, verteenwoordig.

Hemelse Vader,

ek prys U vir hoop wat herstel is, wat daardie hoop ook al is en hoe dit mag lyk. Ek dank U vir vennote van Tearfund regoor die wêreld, wat mense soos Jorge help om weereens hoop en drome te hê. Ek vertrou U en plaas die situasies in my lewe of die gemeenskap wat nuwe hoop nodig het, in u hande. Amen.

Amy Church, Tearfund

Aangaande hierdie leesplan

Lent Devotional: Restore

Hierdie studie van Tearfund neem jou deur die Lydenstyd en sal jou aanmoedig om tyd af te staan om die goedheid van God in te drink. Lees en dink na oor maniere hoe jy sy herstellende liefde jou hele lewe lank kan uitstraal.

More

Baie dankie aan Tearfund wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.tearfund.org