Die Lydenstyd Oordenking: HerstelVoorbeeld

Herstel: God is besig om verwondering te herstel
"Wanneer God praat, kry ons hoop en 'n onuitblusbare lig bring wonderlike dinge onder ons aandag, dinge wat ons nie geweet het bestaan nie. As 'n gevange gehoor word ons verander deur nuus van 'n koninkryk en heerskappy wat kom, wat reg en geregtigheid aan sy skepping sal herstel. Dit kom deur die Seun wat gegee is en beskryf word as die Wonderbare Raadsman, Jesus Christus."
In vandag se leesstuk, is die woord wonderlik 'n vertaling van die Hebreeuse woord pele. Dit bring 'n bewussyn van bonatuurlike verwondering — dit wat net as God verduidelik kan word.
Tearfund se werk help nie net mense om hulle lewens op fisieke en materiële maniere te herstel nie, soos byvoorbeeld selfhelpgroepe in Ethiopië, maar kan ook die mense wat in armoede leef help om die wonder van God te sien. Dis net die Seun wat aan ons gegee is, wat die volle wonder kan herstel waarvoor ons geskep is.
Hemelse Vader, ons dank U dat U u enigste Seun as Verlosser na die wêreld gestuur het, om die wonder van die doel waarvoor ons geskep is te kom herstel; om U te verheerlik en U vir altyd te geniet. Here, help ons vandag om bonatuurlik te leef, op 'n manier waarvoor net U die verduideliking kan wees. In die Naam van Jesus. Amen.
Eerwaarde Elfed Godding, Nasionale Direkteur: "Evangelical Alliance" Wallis, Ambassadeur vir Tearfund
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Hierdie studie van Tearfund neem jou deur die Lydenstyd en sal jou aanmoedig om tyd af te staan om die goedheid van God in te drink. Lees en dink na oor maniere hoe jy sy herstellende liefde jou hele lewe lank kan uitstraal.
More
Verwante Leesplanne

Reis Saam Met Jesus — 40 Dae Lydenstyd Oordenking

Sielsrus: Sewe Dae Na Vernuwing

40 Daaglikse Oordenkings vir die Lydenstyd

Sewe Sleutels tot Emosionele Heelheid

Advent: Die Reis Tot By Kersfees

Van vrees na vertroue

'n Hart soos Jesus s'n

Geborge in Christus - 'n Studie van Efesiërs

Die Andersheid Van God
