Die Lydenstyd Oordenking: HerstelVoorbeeld

Herstel: Die Sabbat
God het rus 'n deel van die skepping se ritme gemaak. Hyself het ook op die sewende dag gerus. Dit was nie vir God nodig om te rus nie — Hy word nie moeg of gespanne nie — tog het Hy in elk geval besluit om te rus. Ek wonder of Hy dit gedoen het om te wys hoe belangrik dit is om tye van rus in ons lewens te hê?
Hoe dikwels beskou ons Sondagmiddag, na kerk, as gewyd of heilig? Of is dit net nog 'n tyd vir inkopies doen, tyd op sosiale media deurbring of die algemene gewoel van die lewe? Soms voel dit of die belangrikheid van die sabbat aan die kwyn is.
Dit wil nie sê dat ons wetties daaroor moet wees nie. Jesus self het die wet verontagsaam toe Hy mense op die sabbat gesond gemaak het. Hy het egter nooit gesê dat Hy die sabbat afskaf nie — net dat deernis altyd voorrang geniet. Jesus het inderwaarheid Homself as die "Here oor die sabbat" verklaar (Lukas 6: 5) — Christus is die koning van rus!
Here Jesus,
dankie dat U, Here oor die sabbat is.
Ons bely teenoor U dat ons versuim om die sabbat heilig te hou,
en ons is jammer dat ons die gewoel van die wêreld toelaat
om ons van die prag van u waarheid weg te hou.
Here, help ons om vir meer rus in ons lewens tyd in te ruim,
sodat ons die rustigheid en stilte kan ervaar wanneer ons kan,
sodat ons liggaam en gees verkwik kan word.
In u kosbare Naam.
Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Hierdie studie van Tearfund neem jou deur die Lydenstyd en sal jou aanmoedig om tyd af te staan om die goedheid van God in te drink. Lees en dink na oor maniere hoe jy sy herstellende liefde jou hele lewe lank kan uitstraal.
More
Verwante Leesplanne

Reis Saam Met Jesus — 40 Dae Lydenstyd Oordenking

Sielsrus: Sewe Dae Na Vernuwing

40 Daaglikse Oordenkings vir die Lydenstyd

Sewe Sleutels tot Emosionele Heelheid

Advent: Die Reis Tot By Kersfees

Van vrees na vertroue

'n Hart soos Jesus s'n

Geborge in Christus - 'n Studie van Efesiërs

Die Andersheid Van God
