Die Lydenstyd Oordenking: HerstelVoorbeeld

Lent Devotional: Restore

DAG 10 VAN 47

Herstel: God is besig om my hart te herstel

'n Uiters belangrike aspek van medelye is nabyheid. Hierdie vers sê nie dat God onmiddellik die gebrokenes van hart sal genees nie, dit sê dat Hy naby hulle is.(AFR53)

Daar is sommige dinge wat nie op aarde genees kan word nie, al wil ons hê dit moet gebeur. Ons het egter die waarborg dat God, te midde van daardie seerkry, nader aan ons kom. En in die vuuroond van daardie pyn, hou Hy ons vas en hoor ons.

In 'n wêreld vol seerkry, kan God se belofte aan ons 'n voorbeeld vir ons wees. As kinders van God is ons geroep om medelye te hê, nader te kom aan mense wat seerkry; ongeag of dit 'n familielid of vreemdeling is. Die menslike siel smag na vriendelikheid — elke sagte aanraking en vriendelike woord bring ons in aanraking met die genesende krag uit die hemel.

Hemelse Vader,
dankie dat U my geroep hoor,
dankie dat U naderkom aan die gebrokenes van hart.
Here, ek dra mense aan U op wat seerkry,
wees asseblief by hulle, hou hulle vas, vertroos hulle.
Herstel my hart en hulle s'n met u nabyheid,
kom nader aan die wêreld, Vader,
en herstel die hart van ons samelewing.
Amen.

Gideon Heugh, Tearfund

Aangaande hierdie leesplan

Lent Devotional: Restore

Hierdie studie van Tearfund neem jou deur die Lydenstyd en sal jou aanmoedig om tyd af te staan om die goedheid van God in te drink. Lees en dink na oor maniere hoe jy sy herstellende liefde jou hele lewe lank kan uitstraal.

More

Baie dankie aan Tearfund wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.tearfund.org