Die Lydenstyd Oordenking: HerstelVoorbeeld

Herstel: Selah
Wanneer laas het jy tot stilstand gekom? Ek bedoel, werklik tot bedaring gekom. Geen werk, geen e-posse of skerms nie; net jy, sonder enige afleidings, met genoeg tyd vir heiligheid om in te sink.
Ons leef in 'n samelewing wat daarvan hou om besig te bly, 'n samelewing wat verslaaf is aan afleidings en deur geraasbesoedeling geteister word. Dit kan baie moeilik wees om daaruit weg te breek, tog moet ons wegbreek. As ons aanhoudend aan die beweeg is en nooit luister nie, hoe sal ons die sagte, fluisterende, kalmerende stem kan hoor?
Die Hebreeuse woord selah het geen direkte vertaling in Engels nie, en tog verskyn dit 74 keer in die Psalms en die boek van Habakuk. Geleerdes verskil nog steeds oor die betekenis, maar ons beste raaiskoot is dat dit 'n opdrag is om stil te word en na te dink — om God se teenwoordigheid met jou hele wese in te neem.
Wanneer ons rustig raak, laat ons toe dat God se genesende krag kan werk. Dink aan maniere hoe jy meer selah oomblikke in jou lewe kan inwerk.
Laat u sagte druppels van stilte val,
totdat ons al ons pogings staak;
vat al die spanning en angs uit ons siele,
en laat ons geordende lewens verklaar
dat u vrede pragtig is.
Stuur die koelte en balsem van u asem
in die hitte van ons begeerte;
laat ons denke bedaar, laat ons vlees rus;
praat deur middel van die aardbewing, wind en vuur,
o, stil, fluisterende, kalmerende stem.
Amen.
"Dear Lord and Father of Mankind" deur John Greenleaf Whittier (vrye vertaling)
Gideon Heugh, Tearfund
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Hierdie studie van Tearfund neem jou deur die Lydenstyd en sal jou aanmoedig om tyd af te staan om die goedheid van God in te drink. Lees en dink na oor maniere hoe jy sy herstellende liefde jou hele lewe lank kan uitstraal.
More
Verwante Leesplanne

Reis Saam Met Jesus — 40 Dae Lydenstyd Oordenking

Sielsrus: Sewe Dae Na Vernuwing

40 Daaglikse Oordenkings vir die Lydenstyd

Sewe Sleutels tot Emosionele Heelheid

Advent: Die Reis Tot By Kersfees

Die Mosterdsaad Beginsel

Geborge in Christus - 'n Studie van Efesiërs

HET JY HOM MEER LIEF AS HIERDIE?

'n Hart soos Jesus s'n
